Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Kleuterverse" deur ANTJIE KROG
Uit "Kleuterverse" deur ANTJIE KROG [boodskap #19677] Wo, 30 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit: KLEUTERVERSE
Antjie Krog

Sarel Tol sukkel saans met seks
en seks sukkel slegs as Tol slaperig is
waarom is Tol saans slaperig?
Tol is saans slaperig omdat warm
water wyn word
waarom word warm water wyn?
warm water word wyn, nee brandewyn
omdat Sarel Tol met 'n pap katroltjie
rol
julle lieg sê Sarel Tol
ek saai slaaisaad
en ek saai slaaisaad laat dit bars
maar ek is gefop
want Anke Malanke lanklaas behoorlik
gefranke
se eikehoutplanke is verrot
en die mense skinner
o die mense skinner hul skunnige
skindery
wat word dan tog van Tol, wat word van
Tol
dat hy so graag in 'n bieblebomse
huis
met bieblebomse kinders lol?

(Otters in bronslaai, 1981)
-----------------
Vorige onderwerp: "Weer in die Ark" deur TOTIUS
Volgende onderwerp: (awea) deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 01:03:18 MGT 2024